Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Onderons" deur HENRI LAURIE
"Onderons" deur HENRI LAURIE [boodskap #35541] So, 15 Oktober 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Onderons
Henri Laurie


Daar was vanaand geen wenners nie,
al het die bloed gesous, en kluite
op 'n kis gaan reën. Daar was net die:
as vriende vyand word, en binne buite
bars, loop leeg wat vol is, hart
en derms word 'n grot van smart
en rondom lê 'n vrot moeras,
die slot van al wat vloeibaar is,
die laagtepunt. En hoop verkas,
en bitter elke lafenis.

O hou tog op beloftes maak
om stand te hou tot hemelkraak,
want elke trou vind sy bestek,
en vriendskap sal verraad ontdek.
Vorige onderwerp: "sondagoggend na 'n moerse fight" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Gedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 12:21:16 MGT 2024